Heideagtiges

Ericales
Erica carnea wat blom
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Bercht. & J.Presl
Families

Heideagtiges (Ericales) is 'n orde wat hoort tot die klade Asterids. Ericales is houtagtige plante met enkelvoudige blare en reëlmatige, vier- of vyftallige blomme. Suid-Afrika het die grootste konsentrasie van die genus Erica (ongeveer 850 spesies).

Erica canaliculata

Die heideagtiges (orde Ericales of Bicornes) is hoofsaaklik houtagtige struike. Die enigste boomvormige verteenwoordiger van dié orde is die aarbeiboom (Arbutus unedo), 'n tipiese Atlantiese plant uit Suid- en Wes-Europa. Die blomme, wat deurgaans vier- of vyftallig is, het 'n kelk met los blare en 'n vergroeide kroon. Twee kranse van meeldrade is aanwesig; die binneste en die buitenste meeldrade staan afwisselend ten opsigte van mekaar en van die vrugblare, wat ook vóór die kroonblare staan. Die vrugbeginsel kan sowel bostandig as onderstandig wees; die vrug is 'n kokervrug of 'n bessie. Binne die meeldrade is 'n klier wat heuning voortbring, die diskus. Die blom word deur insekte bestuif. Daar is ses families in die orde, waarvan die dopheide (Ericaceae), die kraaiheide (Empetraceae) en die wintergroenagtiges (Pyrolaceae) die belangrikste is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search